Blog

All Posts Author: SuperUser Account

Simon - Doret van Wyk





Het ek jou vertel.......... ...van my tuinman, Simon, wat so siek is ...van hoe hy net hier opdaag, die klokkie lui by die agterdeur en dan skaam, skaam groet:" more mevrou" en dan niks verder sê nie? ...hoe hy nooit kwaad geraak het as hy iets moes oordoen en altyd tevrede was en baie dankbaar vir sy bord kos en koffie?

Perd van my drome - Lunette Visser





Vinnige kaalvoetjies skarrel oor die houtdek in die Kalahari se bos. Sy glip agter die pophuisie in en kruip tot by die hoekie. Nuuskierige groen ogies loer om die huisie se hoek.... Daar! 'n Klein geel vulletjie trippel agter haar ma aan, sy is die mooiste van die twee vulletjies. Die ander merrietjie is donker bruin met 'n ronde blessie, maar sy is maer en haar hare is kroes. "Ek sal haar Miena noem, want sy lyk amper soos 'n palomino" fluister die dogtertjie opgewonde vir haarself.

Die grondboontjie - Elaine Husselman

Dit was 'n sneeukoue Sondagoggend toe ons die pad aandurf na Mountain Church, Joppa in Amerika... 'n Sprokiesmooi omgewing met heuwels vol bome, alles sneeubedek! Baie koue siele bymekaar met harte wat warm klop vir ons Koning. Sneeu kan ons nie hier weghou nie ! Dis soos ons dit verwag het - lofsange bring eenheid wat net God kan saamsmee! Die boodskap is suiwer: Send me! Almal bely dit hardop saam in harmonie. Die mooiste klanke van totale afhanklikheid. 

Die klipblommetjie - Stella Redelinghuys

“En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Met die mooiste handskrif het hy dit ingeskryf in die voorkant van my Bybel, my Bybel is weg, net weg, en met die woorde “Ek het jou lief vir altyd!”. Ek kan nie presies onthou maar ek sien die Bybel in my hande terwyl ek kamer toe stap in my geestesoog – maar dis net weg, vir altyd... tot nou toe.

Alabi Michael - God is faithful

When I was seeking admission for a master programme, everything looked impossible, but I held on to the Word of God that says: “All things are possible to them who believe”. God came through and granted me admission to the master programme! This was after a period trusting in God for the admission, releasing my faith, increasing my love for God and meditating on His Word. After being granted admission, I had no money to pay the tuition fee. Because I am not a South African, I did not qualify for a bursary...

Jamie's daisies - Aileen Friedman





Satisfied that she had planted the single daisy in the ground, covered it with sufficient soil Jamie got off her knees unfazed that they were covered in dirt, typical of a seven year old, and went off to the tap on the side of the house with her watering can with a bright spring in her step. She filled the watering can and hurried back to her buried plant splashing water over the top edge of the can along the way. 'Can I pour the water on it now mummy?'

Wonderwerke - Estelle du Toit





Wonderwerke… Dit voel al vir my dat God my spesiaal uitgesoek het om vir my te wys hoe magtig en liefdevol Hy kan wees. Ek is bevoorreg om al baie wonderwerke in my lewe te kon beleef. Dit wat dit voorafgegaan het was nie weliswaar nie maklik nie – dit was van die uitdagendse tye in my lewe. Maar ek wil nie een van hierdie wonderwerke gemis het nie. Vir elkeen is ek dankbaar want ek het ‘n kant van my Here gesien wat my baie spesiaal laat voel het.

Your future and a bag of apples - Bianca Steffen





It was a very early morning flight into Durban. Most of us were catching a bit of shut-eye before we landed. Waking up a few minutes before arrival I noticed an elderly lady sitting across the aisle reading the newspaper. Trying to catch a highlight or two I leaned over and saw her reading the horoscope of the day with great interest.

'Volg My' - Wanda Wilken





Die Switserse platteland swiep verby my waar ek deur die toerbusvenster staar. Ons twee weke toer deur Europa het ten einde geloop en ons is oppad na Zurich se Internasionale Lughawe waar ons n aansluitingsvlug na Tel Aviv in Israel sal kry. Maar ek sukkel om die mooi deur die busvenster te sien. My gedagtes by my man en dogtertjie in Suid-Afrika.

Pa...asfees en Piekel 'feesh' - Bedelia Paulsen





My pa het ‘n stokperdjie gehad waarin ons almal moes deelneem. Al elf van ons. Of ons nou daarvan wou of nie, ons het geen keuse gehad nie. Ek trek maar so vierde van onder af. Elkeen, van die oudste af, het kans gekry om die yslike vis, wat my pa gevang het, skoon te maak. Eers was dit oraait om net te kyk. Daarna, namate ons opgegroei het en my ouer boeties en sussies die huis verlaat het, so het ek en my sussie aan die beurt gekom.