Kristalstories

Verskuilde liefde - Louisa Beukes

Sep 21 2015
15
0

“Nee asseblief wag!” Die angs in haar stem is duidelik hoorbaar. Daarna fluister sy onseker, “ek bedoel, ek kan nie, ek is nie op voorbehoed nie!” “Daar sal nie probleme wees nie, engel, glo my,” antwoord hy gerusstellend. Die rustigheid in sy stem breek elke gryntjie twyfel in haar af, “ Ek is lief vir jou,” fluister hy in haar oor, “ontspan my liefling, jy het my mos lief?” vra hy terwyl hy haar styf vashou. Sy laat haar meesleur, haar weerstand smelt weg in sy warm liefkosings. “Ja baie” antwoord sy skaars hoorbaar, haar stem belaai met emosie. Haar verstand is beneweld, al wat sy hoor is sy fluistering, “ek is lief vir jou, my engel.. my liefling”. Hoe lank het sy nie begeer om hom dit te hoor sê nie.

Uitklophou - Madelaine Palmer

Sep 21 2015
7
0

Hartseer sit Marika Swanepoel by die rivier. Sy en haar pa het alleen op die plot, ‘Uitklop hou’ gebly vir tien jaar. Sy het haar swart langbroek se pype opgerol. Met haar grys trui aan leun sy met haar rug teen die groot wilgerboom. Marika het haar pa ses dae terug verloor aan ‘n hartaanval. ‘Ek kan nie verstaan hoekom wil mense altyd koek en tee hê na ‘n begrafnis nie,’ dink Marika geïrriteerd. “My kind,” sê Tannie Alie de Waal skielik agter haar. Sy kreun en steun soos wat sy buk om langs Marika te gaan sit. Marika skrik en probeer nog keer maar Tannie Alie hou haar doof. “Tannie hoef nie hier by my te kom sit nie, ek is oppad,” probeer Marika nog vir die laaste keer keer maar Tannie Alie steur haar nie aan haar nie.

BLINDEMOL - Johann Britz

Sep 21 2015
32
0

Die een oomblik het Stef Verwey nog sy oë agter die blinddoek styf toegeknyp om harder op sy gehoorsintuig te konsentreer. Die volgende oomblik het dit gevoel asof die aarde onder hom padgee. Dit was net voor die harde slag wat sy ore laat toeslaan het. Dit moes ‘n geweldige ontploffing gewees het, was sy eerste gedagte toe hy weer effens tot verhaal kom. Hard genoeg om sy ore te laat tuit, selfs binne die klankdigte ruimte waarin hy hom bevind; daardie ruimte wat nou ook ‘n ander dimensie aangeneem het. Sy laaste onthou was dat hy gemaklik, so met een boud op ‘n soort kroegstoel gesit het. Waar hy hom nou bevind, lê hy half op sy rug, half op sy regtersy. Dit voel of sy bene en die stoel se pote deurmekaar gevleg is en hy raak bewus van ‘n knop wat aan die groei is op sy kop waar dit ʼn soliede voorwerp getref het.

Die ou swaai - Linda Dunhin

Sep 21 2015
5
0

Lientjie kyk ondersoekend na die blomme in haar arms en wikkel hulle om onder haar linker arm en teen haar bors te rus sodat sy gemakliker met haar regter hand kan werk. Sy buk oor en voel hoe haar pet van haar kop af gly en voor haar voete tussen die gras en veldblomme neerplof.

Duur liefde - Mariska Grobler

Sep 18 2015
13
0

Die aandlug slaan ysig teen haar kaal arms vas en sy sidder. Die tjalie wat saam met haar swart aandrok gaan, het sy binne die restaurant vergeet. Haar hakke klap hard op die plaveisel terwyl sy blindelings in die donker straat af draf. Haar asem kom rukkerig uit en sy besef eers dat sy huil toe daar nattigheid op haar bors drup. 

Die pad terug - Delanie Flanegan

Sep 18 2015
6
0
Die reguit karoo-pad strek voor haar uit, oneindigend. Geen ander motor is te sien op hierdie verlate deel van die pad tussen Graaff-Reinet en Pearston nie. Haar hande klem om die stuurwiel terwyl die vraag deur haar kop maal. Wat wag vir haar op Uitkoms?

Die Pragtige Vlinder - Madelaine Palmer

Sep 11 2015
55
0
Merissa de Klerk werkskaf in haar tuin. Dit is September en die son is warm. Sy sit op haar hurke met haar kort denim broek en geel spaghetti-bandjie hemp aan. Sy is vyf en twintig jaar oud met kort, bruin skouerlengte hare. Sy grawe met haar tuinvurkie tussen die rose. Sy vee die sweet van haar voorkop af. Die oomblik toe sy agteruit tree, verloor sy haar balans en val oor die tuinslang.

Vir altyd Liefde - Jessica Venter

Sep 02 2015
23
0
Hy kyk weer in haar oë voordat sy mond op hare neerkom. Hy soen haar sag en teer. Sy voel al die jare se verlange. Al sy liefde. Van ver af hoor sy ‘n handegeklap en kyk verskrik om. Al die kinders staan hulle en toejuig. Sy gooi haar kop agteroor en lag hardop. Sy is tuis. Sy het hom terug. Haar vir altyd liefde.

Genesende Liefde - Mariska Grobler

Sep 02 2015
44
0
Antjie gooi die water met bewende hande oor haar blosende gesig.  Sy weier om haar kop te lig, anders moet sy na haarself kyk in die spieël en dit wil sy nie doen nie.
Iemand klop liggies aan die deur en sy ruk haar kop omhoog.  Koue druppels spat oor haar bloes en sy gryp na die rol papier teen die muur.
Die persoon klop weer terwyl sy die papier teen haar gesig...

Wanneer die son weer skyn - Delanie Flanegan

Aug 26 2015
15
0

Die groot Palomino perd skud sy kop en kou teen die stang. Hy is haastig; dis kos-tyd, stal-tyd. Op sy breë rug wieg sy ruiter gemaklik saam met die onrustige rondtrap van die perd. Haar linkerhand klap liggies teen die sterk nek, “wees geduldig seun, ons kan nou gaan.” Die perd tree agteruit en probeer sy lyf swaai maar haar bene druk ferm teen sy lyf, hou hom met gemak daar waar sy wil wees. “Waar is jy tog Petrus?”...