News From Kwarts Publishers

Hier is die lys van gekeurde kortverhale wat in die Kwarts Kortverhaalbundel 2019 gaan verskyn!

Toe hierdie projek afgeskop is, het ons nie werklik enige idee gehad watter reaksie om te verwag nie. Ons was absoluut verheug en verras oor die positiewe terugvoer wat ons gekry het en die groot hoeveelheid inskrywings wat ingestuur is.

Die keuringsproses was geen maklike taak nie. Ons is baie bewus daarvan dat dit vir meeste skrywers groot moed verg om die stap te neem om ʼn storie in te stuur om deur ander beoordeel te word. Uit die aard van die saak moes ons ʼn keuse maak en die groot aantal stories van ʼn hoë standaard het dit nie makliker gemaak nie. Ons het ons bes gedoen om stories uit ʼn verskeidenheid genres te kies sodat die bundel hopelik iets vir elkeen se smaak sal bied. Na baie ure se leeswerk, kortlyste opstel, wik en weeg, koppe krap, vele besprekings en meer, is die finale keuring gedoen. 

Hieronder, in geen spesifieke volgorde, is die lys van kortverhale wat in die Kwarts 2019 Kortverhaalbundel gaan verskyn:
 

  • Een kans in sewe-en-dertigduisend - Betsy Stoltz
  • Donkermaan - Delanie Flanegan
  • My hart se oë is blou - Helena L. Greyling
  • Die Inbreker - Herman Beukes
  • Franse sjarme op 50 - Adri Vlok
  • GPS vir ’n engel - Louis Lategan
  • Getrou aan my - Madeleen Theron
  • Die mooie Jan - Hendie Grobbelaar
  • Piekniek en panic - Sue Eksteen
  • Opperatjin Koevoet - Linda J. Dunhin
  • Stillewe - Bedelia Paulsen
  • Erfgoed is swerfgoed - Evert Louw
  • Christine - Danie Markgraaff
  • Kruisgange in Salzburg - Elizabeth Hentschel
  • Kringloop van die gladde tong - Heidi Heese de Beer
  • Vergeefs - Zyrilde Potgieter
  • Om te groet - Sanchen Lambrecht
  • Spieëltjie, spieëltjie - Bets Koen
  • Die afskrikmiddel - Christo Meyer
  • Die mure bloei - Martha Scheckle
  • Charlotte se nageslag - Alwine Fölscher
  • Onder die salami - Estie Wentzel
  • Om die hasepad te kies - Yolanda Faye Holden
  • O, die liewe Martatjie - Evanthe Schurink
  • Die wat agterbly - Chantél Venter
  • Verslete swart skoene - Dieter Lochner
  • Die helfte van jou hart - Ammie Pringle
  • Om pizza van die vloer af te eet - Aletia Ollewagen
  • Huis Najaar - Juanita Fourie

     

 

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive