News From Kwarts Publishers

Stuur jou storie in vir Kwarts se 2019 Afrikaanse Kortverhaalbundel!

Wou jy nog altyd jou hand waag aan ‘n kortverhaal? Of het jy ‘n lekkerleesstorie geskryf wat iewers lê en stof opgaar? Stuur dit in om gekeur te word vir Kwarts Uitgewers se Afrikaanse kortverhaalbundel wat aan die einde van 2019 uitgegee word! 
Hierdie is nie ‘n skryfkompetisie nie, maar wel die kans om jou woorde in gepubliseerde formaat te sien wat wonderlike blootstelling is vir ‘n aspirant skrywer! Kwarts gaan tussen 20 en 25 kortverhale kies om deel uit te maak van die bundel. Enige FIKSIE-genre wat die leser sal boei van begin tot einde is welkom!
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie 2019. Stuur asseblief jou storie in MS Word-formaat na [email protected].
Slegs inskrywings via e-pos sal aanvaar word. Kontak ons gerus indien jy enige vrae het rakende hierdie skryfgeleentheid.

 

Riglyne en fynskrif:

  • Lengte: Tussen 1 500 en 2 500 woorde;

  • Genre: Alle genres is welkom (liefdesverhale, speurverhale, fantasie, wetenskapsfiksie ens.) – solank dit in Afrikaans is en die leser boei vanaf die begin;

  • Skrywers moet asseblief 16 jaar en ouer wees;

  • Die verhaal mag nie reeds in ‘n ander publikasie verskyn nie; Verhale met verwysings na eksplisiete seks, geweld, religieuse of politieke temas sal nie aanvaar word nie. Opbouende temas sal voorkeur geniet. Geen sketse of gedigte asseblief;

  • Formaat: MS Word met Times New Roman getik en 12 pt grootte. Slegs e-pos inskrywings word aanvaar.

  • Volg asseblief die basiese reëls vir die skryf van ‘n kortverhaal; Voorkeur sal gegee word aan verhale wat kreatief geskryf is en maklik lees;

  • Indien jou kortverhaal gekies word, sal ons jou via e-pos in kennis stel – maak asseblief seker dat jy die korrekte e-pos-adres verskaf;

  • Taalversorging: Sorg asseblief sover as moontlik vir goeie taalgebruik in Afrikaans. Volg dus die Afrikaanse spel-en taalreëls. Kwarts Uitgewers sal die taalversorging, en daarna die proeflees van elke verhaal behartig. Indien ‘n kortverhaal gekies word en daar teksredaksievoorstelle is, sal ons dit deurgee aan die skrywer via e-pos;

  • Merk asseblief jou inskrywing duidelik in die e-pos onderwerpreël: Kwarts Afrikaanse Kortverhaalbundel 2019 en verskaf asseblief jou naam en titel van die kortverhaal;

  • Kopiereg: Die kopiereg van die verhaal bly die skrywer s’n. Die kopiereg van die saamgestelde bundel word deur Kwarts Uitgewers behou;

  • Hierdie is nie ‘n skryfkompetisie nie, maar wel die kans om blootstelling te kry as ‘n gepubliseerde skrywer. Dus is daar geen vergoeding betrokke nie;

  • Elke gekeurde skrywer sal een bundel gratis ontvang. Alle verdere bestellings kan geplaas word by
    [email protected].

  • Geen inskrywings sal ná 30 Junie 2019 aanvaar word nie;

  • Kwarts Uitgewers en die keurders se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

 

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive