News From Kwarts Publishers

Novellekursus aangebied deur Die Skryfbesigheid

WOU JY NOG ALTYD SKRYF?

Vir jóú word spesiaal ʼn novellekursus van 1 – 7 April 2017 op Christiana aangebied. Alhoewel publikasie na afloop van die kursus nie gewaarborg kan word nie, het talle skrywers na afloop van een van Die Skryfbesigheid se kursusse gepubliseer en in baie gevalle met verhale wat tydens die kursus geskryf is.

Die Skryfbesigheid het die afgelope vyf jaar na die Weskus gereis om daar skryfkursusse aan te bied, maar 2017 verander die roete. Christiana is vanjaar die eindbestemming. Daar gaan die skrywers 'n novelle (of ten minste meer as die helfte van die novelle) binne hierdie tydperk skryf.

 

Die kursus, in die vorm van 'n werkwinkel, word vanaf 1-7 April 2017 by Lilly’s Pub & Grill, Pretoriusstraat 37B, Christiana aangebied. Op Donderdag 6 April 2017 tree die skrywer Barend Vos as gasspreker op. Barend Vos gaan ʼn paar van sy skryfgeheime met die skrywers deel en hulle motiveer om aan te hou skryf; al is die terugvoer nie altyd so positief nie. Vos is die skrywer van onder andere ʼn Dorp soos Silver Streams en Die ewigheid in my hart.
 
Al gaan daar op die eerste dag wel teorie behandel word, sal die klem eerder op die praktiese skryf van die novelle en terugvoer op die geskrewe tekste val. Die skryfproses, die lewering van kritiek, kenmerke van ʼn verhaal en novelle, atmosfeerskepping, toneelaanbieding, intrige, spanning, konflik, karakterisering en die tegniese versorging van ʼn teks, is van die onderwerpe wat tydens die teoretiese fase behandel word. Nadat die teorie afgehandel is, sal daar daagliks aan die novelle voort geskryf word. Daar word van skrywers verwag om ook die ander skrywers se tekste te lees en vir die groepbesprekings voor te berei. Terugvoer tydens die groepbespreking word in ʼn simpatieke atmosfeer gelewer en dra opbouend tot die bemagtiging van die skrywer by.
 
ʼn Maksimum van tien tot twaalf persone kan tot die kursus toegelaat word. Daar is nog net ʼn paar plekke beskikbaar. Voorafbespreking is daarom noodsaaklik. Inskrywings sluit op Saterdag 18 Maart 2017 om 21:00. Aanvaarding van addisionele studente na die sluitingdatum sal oorweeg word mits daar plek beskikbaar is. Enige persoon ouer as agtien mag vir die kursus inskryf. Kinders jonger as agtien moet van ʼn ouer persoon vergesel wees. Dit is wenslik dat skrywers al ʼn ander skryfkursus gedoen het, maar dit is nie ʼn vereiste nie. Skrywers moet net ʼn passie vir stories hê en bereid wees om baie vinnig te leer. Daarom word daar vir beginners die novellekursus en die aanlynkursus in kombinasie teen ʼn spesiale afslag aangebied.

NAVRAE

Navrae kan per sms/WhatsApp (072 2104 385) of per e-pos ([email protected] of [email protected]) aan Trudy Erasmus gerig word. Anders kan ʼn sms/WhatsApp ook aan Brechje Visagie (082 944 7737) gestuur word. ʼn Elektroniese navraagvorm kan op die blog www.pnskryf.wordpress.com ingevul word.

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive