News From Kwarts Publishers

Staan jy op aftrede? Lees hier!

Ben Ferreira het onlangs ‘n boek gepubliseer met die naam ‘Dagbreek na Aftrede’ waarin hy goeie advies gee aan persone wat op aftrede staan. Die boek is ook onlangs in Engels beskikbaar gestel. Lees gerus meer oor die skrywer en die motivering agter hierdie waardevolle publikasie. 

Ben is in Vereeniging gebore en het op Residensia en Meyerton groot geword. Ben het van vroeg af nuwe geleenthede raakgesien en nuwe dinge probeer. As hoofseun van Hoërskool Dr Malan was dit een van sy ideale om ʼn leierskursus vir die leerlingrade van die skole in die Vaaldriekoek aan te bied. Hierdie ideaal is in ʼn mate verwesentlik toe hy deel was die span wat Hoofleiersimposium vir hoofseuns en -meisies vir die destydse TOD aangebied het. ʼn Projek wat hy later deur die ATKV nasionaal aangebied het. 
As student het hy die eerste konserttoer vir die KJA van Die Bult Gemeente aangebied om fondse vir kampterrein in te samel. As HK-lid Sport hy aanvanklik vir die koshuis en later vir die onderwyserskollege ringtennis geïmplementeer. 
Hierdie geaardheid, om nuwe geleenthede raak te sien en iets nuuts te begin, het hy ook in sy professionele lewe positief gebruik. Van die goed wat hy geïnisieer het, was onder andere die bou van die amfiteater as deel van die KKNK, die instelling van ʼn Postmatriekjaar, die aanbied van Tienertoneel se finaal as deel van Aardklop en programme om onderwysers se hande sterk te maak Leiers van Hoop en Hoop vir Opvoeders. 
Ben was een van die mense wat hom so verdiep het in sy werk as senior- en hoofbestuurder dat hy nie veel tyd spandeer het om aan aftrede te dink nie. Toe hy met ʼn skok besef dat die eindstreep getrek is was hy bekommerd oor WAT NOU. Ja, as die romantiese deel van aftrede verwater is die realiteit; wat doen ek om my dag om te kry? 
Een van Ben se sterkpunte is dat hy glo in die potensiaal van mense, ook die potensiaal van ʼn pensioenaris. 
Toe Ben genader word om by ʼn gemeenskapsdienssentrum betrokke te raak, het hy die geleentheid gesien om by iets nuuts ʼn bydrae te maak. El-pidá Dienssentrum is ʼn gemeenskapsdienssentrum wat dienste aan ouer mense lewer wie steeds in hul eie huise bly en behoefte het aan dienste wat normaalweg binne ouetehuise en aftree oorde aangebied word. Hier het hy bewus geword van soveel mense wat nog baie potensiaal het en ʼn bydrae kan lewer tot ʼn beter samelewing, maar wat deur aftrede oorweldig is. Die wegval van ʼn werk om na toe te gaan, het hulle die sin om te leef ontneem. Baie van hulle voel dat hulle waardeloos, nutteloos geword het. 
Met Dagbreek na Aftrede dui Ben aan dat daar ʼn opwindende lewe kan begin na aftrede. ʼn Lewe waar jy kan word wie jy werklik is. Gryp die dag en ontdek ʼn nuwe lewe wat begin met Dagbreek na Aftrede. 


Die boekies is in Engels of Afikaans beskikbaar en verkoop teen R150 elk.  
Stuur gerus ‘n e-pos aan Ben by: [email protected] 

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive