News From Kwarts Publishers

Vertel jou storie: kry genesing en inspireer ander



 

’n Seminaar oor skryf as terapie word op 30 Mei 2015 in Centurion, Pretoria, as ’n gesamentlike projek deur Kwarts Publishers en Die Skryfbesigheid aangebied. 

Dit gebeur dikwels dat iemand wat moeilike omstandighede in die lewe moes oorkom die behoefte ontwikkel om dit wat beleef is, en veral die lewenslesse wat daaruit geleer is, met ander te deel. Om hierdie ervaringe neer te skryf kan innerlike genesing aanhelp en skep ook die geleentheid om ander daardeur te inspireer. Dit is egter nie maklik nie en dikwels sit diegene wat so ’n projek wil aandurf, met hulle hande in die hare oor waar om te begin en wat om daarna met die voltooide manuskrip te maak. 

Die seminaar fokus baie sterk op die skryf van verhale wat na moeilike omstandighede verwoord wil word, maar enige persoon is welkom om die seminaar by te woon. Dit moet egter beklemtoon word dat hierdie nie as ’n terapie-sessie gesien moet word nie. Daar gaan praktiese wenke aan die hand gedoen word (met enkele skryfoefeninge) hoe om so ’n teks aan te pak. Uitgesoekte sprekers is genooi wat almal persone is wat óf self gepubliseerde skrywers is óf daagliks as redigeerder en uitgewer met ander se stories werk. 

Vooraf bespreking is noodsaaklik aangesien daar beperkte aantal sitplekke beskikbaar is en moet voor/op 12 Mei 2015 plaasvind. Skrywers wat graag hulle boeke tydens die seminaar wil uitstal en van die hand sit, word hartlik uitgenooi om teen ’n geringe fooi daar uit te stal. Bespreking hiervoor is ook noodsaaklik. 

Navrae oor die volledige program kan aan Anita Stander van Kwarts Publishers ([email protected]) of Marietjie Wentzel van Die Skryfbesigheid ([email protected]) gerig word. Skakel alternatiewelik 012 - 752 5877 om vir die seminaar te registreer.

Registreer nou om jou plek te verseker.

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive