News From Kwarts Publishers

Skryfkursus by die see 3-11 Julie 2014







Vanjaar gaan daar weer ’n skryfkursus by Jubel’nJuig in die mooi weskusdorp Dwarskersbos aangebied word. Tydens hierdie kursus gaan die skrywers ’n volledige vervolgverhaal wat uit ses hoofstukke bestaan, skryf.



TOELATING

Enige persoon kan vir hierdie kursus inskryf. Geen vooraf kennis, teoretiese studies of opleiding is vir hierdie kursus nodig nie. ’n Liefde vir skryf en die skep van ’n geloofwaardige fiktiewe wêreld is al wat nodig is. Beginners MOET egter reeds op 3 Julie 2014 met die beknopte beginnerskursus begin waartydens hulle eiesoortige behoeftes aangespreek sal word. Aan die einde van die beknopte kursus sal die beginnerskrywer, benewens die volledige vervolgverhaal, ook vier tot ses volledige kortverhale klaar hê.



Skrywers wat reeds skryfkursusse gedoen het, is baie welkom om ook die beknopte beginnerskursus te doen as hulle voel dat ’n opknappingskursus nodig is. As ’n skrywer ’n kursus by ’n ander skryfskool gedoen het, sal dit in ag geneem word mits bewys daarvan gelewer kan word.



Beginners kan vooraf vir die aanlynkursus inskryf. Die aanlynkursus sal teen ’n GROOT AFSLAG aangebied word mits daar vir die vervolgverhaalkursus bespreek en die volle deposito vir die vervolgverhaalkursus betaal word. (Kwotasie op aanvraag beskikbaar.)



KURSUSINHOUD

Beknopte beginnerskursus 3-5 Julie 2014

Alle skryfkursusse wat Die Skryfbesigheid aanbied, fokus sterk op die praktiese skep van kreatiewe teks. Nogtans moet skrywers ook oor sekere teoretiese en literêre kennis beskik. Daarom word die volgende aspekte tydens die werkswinkel bespreek.

1. Die skryfproses.

2. Wat is ’n verhaal?

3. Plot, spanning, konflik, handeling en karakterisering

4. Atmosfeerskepping en toneelaanbieding

5. Versorging en uitleg van ’n teks.

6. Skryf as besigheid.



Alhoewel ons elke dag wel ‘n bietjie na teorie gaan kyk, sal daar daagliks genoeg tyd wees om te slyp aan skrywers se verhale wat die vorige dag geskryf is.



Vervolgverhaalkursus 5-11 Julie 2014

Teoreties sal na die volgende gekyk word:

1. Kenmerke van ’n vervolgverhaal.

2. Kenmerke van ’n spanningsverhaal.

3. Kenmerke van ’n liefdesverhaal.
Tydens hierdie deel van die kursus gaan daar amper net geskryf word. Elke skrywer sal soggens net na oggendkoffie sy/haar hoofstuk van die vorige dag inhandig. Daarna kry die ander skrywers die geleentheid om die nuwe hoofstukke te lees. Na middagete word daar in die groep terugvoer en wenke aan elke skrywer gegee.



KOSTES

Vanjaar word die kursusfooi en die fooi vir akkommodasie/ etes geskei. Beginners betaal R3400,00 en gevorderde skrywers R3000,00 vir die kursus. Skrywers kan self kies of hulle van ons verblyf en aandetes gebruik wil maak. Skrywers moet egter vir middagetes, ander versversings en diverse uitgawes betaal. Skakel met Trudy (vir die kursus) en Mariette (verblyf en etes) om die korrekte kwotasies aan te vra.



DEPOSITO

’n Deposito (50% van die fooie) is teen 27 Junie 2014 betaalbaar. Die oorblywende fooi moet op die dag van registrasie (verkieslik) kontant betaal word.



Alle deposito’s (of fooie wat vooraf betaal is) word verbeur sou die skrywer nie vir die kursus opdaag nie of kop uittrek. Baie onkostes word voor die aanvang van die kursus aangegaan en dit sal aangewend word vir kansellasiefooie wat in alle gevalle betaal is.



BESPREKING

Bespreking is NOODSAAKLIK en dit moet voor of op 27 Junie 2014 om 23:00 plaasvind. Stuur ’n e-pos, faks of sms aan Die Skryfbesigheid EN Jubel’nJuig waarin u ’n kwotasie aanvra.

Meld in u e-pos, faks of sms, u noemnaam en van, telefoonnommer en faksnommer/e-posadres en of die beginnerskursus in- of uitgesluit moet word.



KONTAKBESONDERHEDE

KURSUS

Die Skryfbesigheid

Trudy Erasmus Slegs SMS: 072 210 4385
Telefoon: 082 349 0533

Faks: 086 618 5211

E-pos: [email protected]

OF

[email protected]



AKKOMMODASIE EN ETES

Jubel’nJuig

Mariette Maartens

Telefoon: 082 829 6372

Faks: 086 616 4710

E-pos: [email protected]
Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive