News From Kwarts Publishers

From monthly archives: February 2015

We are pleased to present below all posts archived in 'February 2015'. If you still can't find what you are looking for, try using the search box.

Kwarts Publishers Newsletter - February 2015

For the latest news flashes, product releases and marketing tips, subscribe to newsletters.

Read the rest of entry »

Vertel jou storie: kry genesing en inspireer ander



 

’n Seminaar oor skryf as terapie word op 30 Mei 2015 in Centurion, Pretoria, as ’n gesamentlike projek deur Kwarts Publishers en Die Skryfbesigheid aangebied. 

Dit gebeur dikwels dat iemand wat moeilike omstandighede in die lewe moes oorkom die behoefte ontwikkel om dit wat beleef is, en veral die lewenslesse wat daaruit geleer is, met ander te deel. Om hierdie ervaringe neer te skryf kan innerlike genesing aanhelp en skep ook die geleentheid om ander daardeur te inspireer. Dit is egter nie maklik nie en dikwels sit diegene wat so ’n projek wil aandurf, met hulle hande in die hare oor waar om te begin en wat om daarna met die voltooide manuskrip te maak. 

Die seminaar fokus baie sterk op die skryf van verhale wat na moeilike omstandighede verwoord wil word, maar enige persoon is welkom om die seminaar by te woon. Dit moet egter beklemtoon word dat hierdie nie as ’n terapie-sessie gesien moet word nie. Daar gaan praktiese wenke aan die hand gedoen word (met enkele skryfoefeninge) hoe om so ’n teks aan te pak. Uitgesoekte sprekers is genooi wat almal persone is wat óf self gepubliseerde skrywers is óf daagliks as redigeerder en uitgewer met ander se stories werk. 

Vooraf bespreking is noodsaaklik aangesien daar beperkte aantal sitplekke beskikbaar is en moet voor/op 12 Mei 2015 plaasvind. Skrywers wat graag hulle boeke tydens die seminaar wil uitstal en van die hand sit, word hartlik uitgenooi om teen ’n geringe fooi daar uit te stal. Bespreking hiervoor is ook noodsaaklik. 

Navrae oor die volledige program kan aan Anita Stander van Kwarts Publishers ([email protected]) of Marietjie Wentzel van Die Skryfbesigheid ([email protected]) gerig word. Skakel alternatiewelik 012 - 752 5877 om vir die seminaar te registreer.

Registreer nou om jou plek te verseker.

Read the rest of entry »

Word ’n woordmeester - Werkwinkel aangebied deur Die Skryfbesigheid

Taal bly steeds die medium waardeur skrywers hulle verhale, gedagtes en drome laat lewe kry. Verskeie nuwelingskrywers het tydens ander skryfkursusse en werkwinkels die behoefte uitgespreek om hul skryfvaardigheid in Afrikaans op te skerp sodat hulle weer soos ware woordmeesters met hulle tekste kan omgaan. Die Skryfbesigheid bied op 21 Februarie 2015 ’n werkwinkel aan met die tema “Taal as instrument van skryf en die belangrikheid van redigering”.

Read the rest of entry »

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive