News From Kwarts Publishers

Word ’n woordmeester - Werkwinkel aangebied deur Die Skryfbesigheid

TAAL AS INSTRUMENT VAN SKRYF EN DIE BELANGRIKHEID VAN REDIGERING 

Taal bly steeds die medium waardeur skrywers hulle verhale, gedagtes en drome laat lewe kry. Verskeie nuwelingskrywers het tydens ander skryfkursusse en werkwinkels die behoefte uitgespreek om hul skryfvaardigheid in Afrikaans op te skerp sodat hulle weer soos ware woordmeesters met hulle tekste kan omgaan. Volgens hierdie skrywers benadeel die neiging om deesdae net in Engels by die werkplekke te kommunikeer hulle skryfvaardighede in Afrikaans. 

Die Skryfbesigheid bied op 21 Februarie 2015 ’n werkwinkel aan met die tema “Taal as instrument van skryf en die belangrikheid van redigering”. Die werkwinkel begin om 09:00 en duur tot 16:00. Roeteaanwysings na die plek waar die werkwinkel plaasvind, sal aan geregistreerde studente gekommunikeer word. Dit kos R680-00 per persoon

Vir hierdie prys ontvang die skrywer: 

 Koffie/tee wat deurlopend beskikbaar is

 Ligte verversings met registrasie

 Ligte middagete

 Ietsie soet en stout later in die middag

 Kursusmateriaal

 Skryfoefeninge

 Baie wenke hoe om hul skryfwerk te laat skitter. 

Huidige ingeskrewe studente en oudstudente van Die Skryfbesigheid (en die voormalige Petru-Nell Skryfbesigheid) asook persone wat deur Kwarts Publishers verwys word, kry ‘n heerlike afslag. Tydens hierdie werkwinkel gaan die volgende onderwerpe behandel word: 

 Woordsoorte en woordorde

 Spelling en spelreëls

 Skryf- en leestekens

 Dialoog

 Paragrafering

 Redigering en die versorging van ‘n manuskrip

 Hulpmiddele beskikbaar

 Benut die rekenaar ten volle 

Plek vir slegs tien persone is beskikbaar. Registreer daarom voor of op 19 Februarie 2015 deur die elektroniese vorm (verkrygbaar op www.pnskryf.wordpress.com) in te vul of deur ‘n e-pos ([email protected]), faks (086 618 5211) of SMS/Whatsapp (072 210 4385) te stuur. Sluit u naam, e-posadres en waar u van die werkwinkel gehoor het, in wanneer u per faks of SMS/Whatsapp navraag doen. 

Noem ook indien u een van Kwarts Publishers se skrywers, kliënte is of deur hulle na ons verwys is.

’n Deposito van 50% (nie terugbetaalbaar nie) van die kursusfooi is met registrasie betaalbaar. 

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive