Maryna Blomerus se boek 'Meer as 'n Metafoor' is in 2016 deur Kwarts gepubliseer. Hierdie onafhanklike skrywer wou graag uiting gee aan haar begrip en persepsie van werklikheid. Meer as 'n Metafoor is na meer as twee dekades se lees en dinkwerk aangepak in 'n poging om 'n geringe bydrae te lewer tot die begrip van kwantumteorie. Na 'n onlangse resensie in die pers deur bekende kunstenaar, skrywer en filosoof Koos Kombuis, het daar groot belangstelling in hierdie publikasie opgevlam. Koos Kombuis verwys na die boek as "...Onverwagse kosmoskragtoer in Afrikaans"

Read the rest of entry »