News From Kwarts Publishers

Twee Kwarts-publikasies ingeskryf vir Ingrid Jonker-prys

Ingrid Jonker Prys

Die Ingrid Jonker-prys is 'n literêre toekenning wat jaarliks aan Afrikaanse en Engelse debuut-poësie toegeken word en is ingestel ná die dood van Ingrid Jonker in 1965. Twee van Kwarts se talentvolle skrywers, Yolanda Faye Holden en Tania Smit, het hierdie jaar hul debuutbundels voorgelê!

 

Yolanda se Eenduisend-en-Een Grimmige Nagte en Tania se Hekelwoorde van my Hart spreek van die kwaliteit werk wat Kwarts Publishers lewer en ons is baie trots op die skrywers met hul inskrywings en wat hul al vermag het met die publikasie van hul "boekbabas."

Die sluitingsdatum vir voorleggings is 28 Februarie 2019. Die kortlys sal teen 15 Junie bekend gemaak word en die wenner sal op 1 Julie aangekondig word. Die prysoorhandiging sal in September by die Tuin van Digters by die Breytenbach-sentrum in Wellington geskied. Vir meer inligting oor die kompetisie, volg gerus die skakel https://www.litnet.co.za/die-ingrid-jonker-prys-vir-afrikaanse-poesie-2019-nou-oop-vir-inskrywings/

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive