News From Kwarts Publishers

Hekelwoorde van my Hart op die verhoog by KKNK 2019 in Oudtshoorn

Die gewilde bundel, Hekelwoorde van my Hart, gaan binnekort by Die Klein Karoo Kunstefees op Oudtshoorn ‘n buiging maak! Kom beleef die vertoning in die magiese atmosfeer van een van die oudste klipkerkies in Oudshoorn, waarvan die hoeksteen reeds gelê is in 1860.

Tania Smit het laasjaar haar debuutbundel, Hekelwoorde van my Hart, onafhanklik uitgegee met die hulp van Kwarts. Tania het toe reeds ‘n groot aanhang op sosiale media gehad en haar boek was uit die staanspoor ‘n treffer. Die bundel bestaan uit kort skryfstukke sowel as gedigte. Glendine Chrisholm, bekende skilder van De Rust in die Wes Kaap, het die illustrasies gedoen – en die eindproduk is ‘n perfekte sinergie tussen siel en woord. Tania skryf baie openhartiglik oor haar eie ondervindings en deel haar menslikheid op ‘n kwesbaar-eerlike wyse waarmee alle mense kan aanklank vind.

Die vertoning se naam is ‘KAROOLINGE GEHEKEL IN WOORD EN KLANK’ en bied voorlesings deur Tania en die geliefde Paul Eilers, met musiek wat verskaf word deur die plaaslike saksofoonspeler Jaco Kriek, en die warm fluweelstem van Julia de Beer. Moet dit nie misloop nie!

KAARTJIES: R110 pp (Kapasiteit: 120 mense)
ST JUDE’s ANGLIKAANSE KERK, Oudtshoorn 
Sondag 24 Maart om 11h30 / Maandag 25 Maart om 20h00

Kaartjies beskikbaar by Computicket.

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive