News From Kwarts Publishers

Passi Décor & Deli stel eerste resepteboek bekend

Passi Kook: ʼn Storie om te Vertel

 

 

 

Die bekende Passi Décor & Deli, ʼn gunsteling onder inwoners van Centurion en Pretoria, het onlangs hul eerste resepteboek, Passi Kook: ʼn Storie om te Vertel, bekendgestel en Kwarts Publishers is trots om te kon deel hierin!

 

Hanneke Geldenhuys en Willie van Zyl, eienaars, asook beste vriende, verwoord hul passie vir kosmaak en onthaal in hierdie ongelooflike fees vir die oog. Die boek bestaan uit beproefde resepte wat maklik is om te maak, en sodoende kan alle Passi-aanhangers ook ʼn tikkie Kaapse-inspirasie proe – in hul eie kombuis! Pragtige stilering deur die skrywers maak dat jy sommer dadelik ʼn dis wil kies om self te probeer maak. Heerlike omelet-variasies, lip-lek-lekker vleisgeregte, interessante soppe, en ʼn verskeidenheid planne met pannekoek is maar net ʼn paar voorbeelde uit hierdie boek.

 

 

Die boek is ook net betyds om as Kersfeesgeskenk gegee te word! Vir meer inligting oor Passi Kook: ʼn Storie om te Vertel, asook om ʼn kopie te bekom, besoek Passi Décor & Deli, of kontak Willie of Hanneke by [email protected]

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive