News From Kwarts Publishers

Beginnerskursus aangebied deur Die Skryfbesigheid

Wat is die verskil tussen die beginners- en aanlynkursusse?

Die aanlynkursus is die beginnerskursus wat per e-pos aangebied word. Wat wel by die aanlynkursus ontbreek, is die groepwerk. Soms - as daar twee studemte is wat min of meer dieselfde tyd met die aanlynkursus begin, kan groepsbespreking wel kan via e-pos plaasvind. 

HOE LANK DUUR DIE KURUS?

Die “Inhuis”-kursus kan oor vyf Saterdae aangebied word. Na gelang van die groep se behoefte kan die klasse weekliks of twee weekliks gehou word. Gedurende ‘n skoolvakansie kan die kursus binne vyf of ses dae gedoen word.

IS DIE SKRYFOEFENINGE NA DIE KURSUS BRUIKBAAR?

Skrywers kan verseker wees: Ten opsigte van skryfoefeninge word daar beslis ver buite die spreekwoordelike boks gedink. Verhale wat tydens en na aanleiding van hierdie oefeninge geskryf is, is al vir publikasie aanvaar. Skrywers moet daarom liefs nie met 'n gedagte of idee vir 'n nuwe verhaal opdaag nie. Dit kan dalk net die pret bederf. 

Wanneer begin die kursus?

Daar kan enige tyd met ’n aanlynkursus begin word. Die “Inhuis”-kursus se datums sal later bekend gemaak word.

Waar word die kursus aangebied?

Die “Inhuis”-kursus word in Gauteng aangebied, maar die kursus kan gedurende die skoolvakansie elders in die land aangebied word. Die kostes wanneer ‘n kursus buite Gauteng aangebied word, mag verskil van dit wat hier aangedui word. Onkostes wat aangegaan moet word, asook die aantal ingeskrewe studente bepaal die fooi wat gevra sal word. 

Inhoud

Die beginnerskursus en die aanlynkursus daarmee saam, is 2014 vernuwe. Al vorm die bekende PNSkryfskool kursus die basis van dienuwe beginnerskursus, is daar baie nuwe leerstof, opdragte en skryfoefeninge. Die opvolgkursusse is waar ander genres aangedurf word, het hierdie verandering genoodsaak. AL die modules moet gedoen word. 

MODULE 1: ONTWIKKELING VAN 'N GOEIE VERHAAL

 Storie-fonteine

 Die skryfproses

 Elemente van 'n verhaal

 Intrige (Die bou van 'n spannende storielyn). 

MODULE 2: ONTWIKKELING VAN GELOOFWAARDIGE KARAKTERS

 Karakters in 'n verhaal: protagonis, antagonis, ondersteuningskarakters en bykarakters.

 Konflik en spanning

 Verskillende vertellers

 Perspektief 

MODULE 3: SKEP VAN 'N GEPASTE ATMOSFEER

 Tyd

 Plek

 Atmosfeer

 Wys teenoor vertel

 Navorsing 

MODULE 4: KEN DIE MARK

 Tema

 Boodskap

 Mark • Uitgewers • Tydskrifte • Aanlynpublikasies • Self-publikasie 

MODULE 5: TEKSVERSORGING, REDIGERING EN AFRONDING

 Gebruik taal as instrument reg

 Tegniese versorging van 'n manuskrip

 Redigering

 Verstaan en gebruik AL JOU INSTRUMENTE korrek

 Hardkoppigheid kan jou skrywerskippie laat sink. 

Kostes 

INHUISKURSUS

Die “inhuis”-kursus kos R3 900 en vir die bedrag kry jy:

 Kursusmateriaal

 Lekker koffie, tee en sap deur die loop van die dag

 'n Ligte eetdingetjie (soos 'n kolwyntjie/botterbroodjie) vir ontbyt

 Lekker middagete

 Laatmiddag sonde (soos koek of tert)

 Vyf kortverhale en vyf kort-kortverhale wat byna gereed is vir publiksie (met ander woorde tien klaar verhale en baie idees vir nuwe verhale)

 Nuwe vriendskappe 

’n Deposito wat 50% (R1 950) van die totale bedrag is met registrasie betaalbaar. 

AANLYNKURSUS

Die aanlynkursus kos R3 300. Skrywers wat voorheen van Die Skryfbesigheid se diens gebruik gemaak het, sal afslag kry. So ook persone wat deur Kwarts Publishers verwys word. 

Soos met die “Inhuis”-kursus moet die skrywer eers ‘n deposito betaal alvorens daar met die kursus begin kan word. Wat die aanlynkursus meer beskostigbaar maak, is dat daar afbetaling gereël kan word. Die enigste vereiste is, dat geen nuwe materiaal aangestuur sal word as daar nie Die deposito word verbeur sou 'n skrywer nie opdaag nie of nie die afbetalingsooreenkoms nakom nie. 

REGISTRASIE

Om te registreer moet die skrywer ‘n kwotasie aanvra. Die kwotasie moet skriftelik aanvaar word. ’n Registrasievorm en die onderneming moet voltooi word. Sodra die deposito/eerste paaiement betaal is, is die skrywer geregistreer.

Kontak Die Skryfbesigheid: https://pnskryf.wordpress.com

Marietjie Selfoonommer: 082 570 6677 / Faksnommer: 086 673 0878 E-pos: [email protected]

Trudy Selfoonnommer: 072 210 4385 (slegs na 16:00 beskikbaar) Faks: 086 245 2671 of 086 224 9717

E-pos:[email protected] OF [email protected]

Comments are closed for this post, but if you have spotted an error or have additional info that you think should be in this post, feel free to contact us.

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive